Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toekennings vir sakelui

Toekennings vir sakelui
 
2007-10-18

Christine Siebrits

BY die Wellington Sakekamer se dinee is spesiale toekennings gemaak aan Sakkie van der Vyver, bekende haarkapper, en Bovlei wynkelder wat vanjaar 100 jaar oud is.

Die Onderneming van die Jaar is Wamakersvallei Wynkelder.

Daar is ook toekennings gemaak vir die mooiste sakepersele, deur die Verfraaiingskomitee in samewerking met die Sakekamer, om ondernemings aan te spoor tot verbetering van die dorp se voorkoms.

In die kategorie Sakepersele is goud toegeken aan Redemption (trofeewenner), King Finansiële Dienste, Jean-Nic Investment Enterprises, en Vinbott.

In die afdeling Groot Sakepersele is goud toegeken aan Pacmar (trofeewenner), Distell en Paarlvallei Botteleringsmaatskappy.

In die Afdeling Gasvryheidsbedryf (groot perseel) is goud toegeken aan Diemersfontein Wine & Country Estate (trofeewenner) en Provence Onthaalsentrum en Gastehuis.

In die afdeling Gasvryheidsbedryf (kleiner perseel) is Deli-licious die trofeewenner.

Spesiale pryse is toegeken aan eienaars en ontwikkelaars wat sensitief te werk gegaan het met opknapping en restourasie in die historiese kern van Wellington: King Finansiële Dienste, Bester Meubels, Hoofstraat 111 en Wynland Kappe.

Nuwe projekte in die Historiese Kern het ook toekennings ontvang. Hulle is Wellington Paint and Hardware, die Symington woonhuis in Terracestraat, Call MacGlass, en Halt-’n-Bietjie.

Verdienstelike restourasie-projekte in die Historiese Kern is die Victoriaanse huis te Bergstraat 28, die Breytenbach-sentrum, en die SAD-Victoriaanse huisies in Hoofweg.

* Oom Sakkie van der Vyver (83) is die sakeman op Wellington wat al die langste sy eie onderneming bedryf. Geen wonder die Sakekamer het hom verlede week vereer nie.

Dis nou al ‘n volle 61 jaar vandat hy in 1946 sy eerste salon oopgemaak het onder in Hoofstraat, op ‘n tydstip toe daar reeds vier ander mansbarbiers op die dorp was.

En vir meer as 36 jaar het hy soggens die deur van sy salon in Kerkstraat oopgesluit. Die afgelope jaar werk hy by die huis in Milnerstraat, hoewel die gesondheid nou begin lol. Hy was verlede week, met die toekennings, in die hospitaal.

Daar was ‘n tyd wat hy só besig was dat hy soggens van halfses tot halfnege saans voltyds aan die hare doen was, en heelwat assistente gehad het.

Hy’t ook sommer ‘n algemene handelaar van allerlei dinge, van horlosies tot fietse, geword in sy winkeltjie, wat hy in ‘n groot glaskas uitgestal het.

“Meer om die mense sommer ook besig te hou terwyl hulle wag vir hul beurt, want die toue was lank,” vertel hy.

Daar is mense wat wil-wil beweer dat hy seker die oudste haarkapper ter węreld is wat nog daagliks sorg dat mense se koppe respektabel lyk.

“Nee," sę oom Sakkie, ‘n eerlike, reguit man van vaste beginsels.

"Net as mens so iets sę, kom daar altyd nog ‘n man wat ouer is.” Wat wel waar is, is dat vier geslagte Wellingtonners reeds deur sy winkel is.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za