Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sentraal-Boland klop SWD

Sentraal-Boland klop SWD
 
2007-10-18


DIE Sentraal-Boland Laerskole tennisspan het die afgelope naweek teen Suidwestelike Distrikte op Hartenbos kragte gemeet waar hulle ’n geskiedkundige oorwinning behaal het.

Dit was die eerste keer dat Sentraal Boland met SWD afgereken het nadat hulle met 86 wedstryde teenoor 74 geseëvier het.

Die o.10-spannetjie het met 23 wedstryde teenoor 17 gewen terwyl die o.11's SWD met 22 wedstryde teenoor 18 geklop het.

Die spelers in die o.12-span het met 23 wedstryde teenoor 17 gewen, maar die o.13's het ongelukkig met 18 wedstryde teenoor 22 verloor.

Christiaan van der Burgh (o.13, Laerskool Courtrai) het al drie sy wedstryde met skitterende tennis gewen en ook saam met Malan Bartelman (Noord-Eind) hul dubbelswedstryde gewen.

Van der Burgh het verder in die gemengde-dubbels saam met Mariaan Heydenrich (Hugo Rust) ook met die louere weggestap.

Gerrit Langenhoven (o.10, Slot van die Paarl) het ook uitgeblink in sy enkelwedstryde en ook saam met Rouxanne van Rensburg (Bridge House) die gemengde dubbels gewen.

Ongelukkig moes Langenhoven en Andreas Mentz (Slot) in tydens ’n valbylpot die knie buig in hul dubbelskragmeting.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za