Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples klop Paarl-Oos in derby

Young Peoples klop Paarl-Oos in derby
 
2007-10-18


DIE Young Peoples (Tiere) se eerste krieketspan het hulself Saterdag by Daljosafat goed reggeruk deur die span van Paarl-Oos te laat les opsê.

Peoples het die loot gewen en besluit om eerste te gaan kolf, maar het in die tweede beurt vasgeval met die eerste paaltjie wat gekantel het.

Die tuisspan het stadig maar seker weer op dreef gekom, maar die boulaanval van Paarl-Oos het die middel-orde kolwers opdraande gegee.

Met die telling op 89/5 het sake donker gelyk vir Young Peoples, maar 'n goeie vennootskap van 73 lopies tussen Marquin Julius en Lorenzo Jacobs het Peoples weer teruggebring in die wedstryd.

Julius is een lopie kort van sy honderdtal uitgehaal met sy span wat 194 lopies aangeteken het.

Paarl-Oos se kolwers was uit die staanspoor in die moeilikheid en het hulleself in æn stadium op 49/6 bevind.

Ondanks goeie tellings deur Elroy Abrahams (44*, 3x4 en 1x6) en Morné de Vries (35, 1x4) kon Paarl-Oos slegs daarin slaag om 140 lopies in hul toegelate 60 beurte aan te teken.

Lorenzo (3/21) en Edwin Jacobs (3/33) was die Tiere se beste boulers.

Young Peoples het die wedstryd met 54 lopies gewen.

Young Peoples II het vir die eerste keer in ses jaar met Paarl-Oos II afgereken.

Die besoekers het eerste gekolf en is ondanks goeie kolfwerk deur Ferdie Jonathan (36, 5x4) en Justin Watts (21, 3x4) vir 135 lopies uitgehaal.

Mark Borcherds (3/42), Ricardo Davey (2/26), Ryan Davids (2/15) en kaptein Marlon Carolissen (2/8) het die skade met die bal aangerig.

Die Tiere se jong kolfbrigade het met mening onder Paarl-Oos se boulers ingeklim. Aggressiewe kolfwerk deur Hershelle Baron (57, 6x4 en 1x6), Andrew Victor (28*, 3x6 en 1x6), Lindsay Davy (22, 3x4 en 1x6) en Warren George (20, 2x4) het die wentelling sonder enige moeite behaal.

* Saterdag speel Young Peoples I tuis teen Bergrivier terwyl die tweede span op Weltevrede teen Bergrivier II kragte gaan meet. Die derde span speel teen Coronations by Daljosafat.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za