Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boishaaiers slag Boland Landbou

Boishaaiers slag Boland Landbou
 
2007-10-18


DIE eerste krieketspan van Hoër Jongenskool Paarl het verlede Saterdag oortuigend met Hoër Landbouskool Boland afgereken.

Die span van Boland Landbou het eerste gaan kolf, maar het vroeg begin sukkel teen ’n uitstekende HJS-boulaanval.

Wilhelm van der Sluys (4/18) en Neville Adams (3/11) het met hulle vertonings gesorg dat Boland Landbou vir ’n skamele 75 lopies uitgehaal is.

Die kolflys van HJS het tydens hulle beurt enige en alle druk verwerk om die teikentelling met groot gemak na te jaag.

Boishaai het uiteindelik slegs een paaltjie verloor om die wedstryd met nege paaltjies te wen.

Die o.15-span van HJS het ook groot welslae behaal nadat hulle Boland Landbou vir 77 lopies uitgeboul het. Lawrie Moore (4/12) en Heinrich Bojé (3/21) was die uitblinkers met die bal vir HJS.

Boishaai het effens klei getrap om die boulaanval baas te raak, maar het egter die wa deur die drif getrek om met 1 paaltjie te seëvier.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za