Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rock die buitekamer

Rock die buitekamer
 
2007-10-25


DIE toneelstuk Die Buitekamer deur Leon Büchner, môre om 20:00 in die Ou Meul-teater in die Paarl, is ’n nostalgiese terugblik op ervaringe as kind in ouma en oupa se huis op ’n piepklein dorpie. En natuurlik die buitekamer.

Buite is mos beter as binne. Of is dit? Die vertellings word afgewissel met vars vertolkings van ’n verskeidenheid Afrikaanse musiek, asook nuwe toonsettings van Carl Boplaas en Laurie Gaum se gedigte.
Büchner word begelei deur Lorraine Rothenburg, met wie hy al ongeveer sewe jaar saamwerk, op klavier, en Keith Tabisher, bekende in Kaapse jazz-kringe, op akoestiese en elektriese baskitaar.

Kaartjies is R60.

* Gian Groen van die eertydse rockgroep, Spinnekop, tree Woensdagaand om 20:00 op by die Ou Meul-teater.

Sy eerste sukses het gekom toe Laurika Rauch sy Vier Seisoene Kind as titelsnit vir haar CD gebruik het. Daarna het Gian vir verskeie groot name in die bedryf begin skryf, maar is deesdae ook al hoe meer te sien as verhoogkunstenaar.

Die “Gian Groen Band” is bekend vir hulle gesofistikeerde aanslag met ’n verskeidenheid van rock tot folk gekombineer met goeie, deurdenkte lirieke wat beloof om enige gehoor te betower.

Gian is tans besig met opnames vir ’n volgende CD en sal so ’n paar liedjies byvoeg vir die show.

Lied van die Engele is die antwoord op die vraag: “Waar kry jy jou inspirasie?” Dit vat jou op ’n emosionele roller coaster ride en beloof om jou te laat terugkom vir nog.

Kaartjies is R70.

Bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za