Fietsryers berei voor vir Van Enter kompetisie
2005-06-09
DIE jaarlikse Eric van Enter Interprovinsiale Skolefietsrykompetisie word van 6 tot 9 Julie by die Gariep Dam by Colesburg gehou.
Om sy ryers te help met voorbereiding vir dié byeenkoms bied die Boland Fietsry Unie Saterdag ’n soortgelyke byeenkoms in die Paarl aan.
Die program vir die dag sluit ’n 1km heuwelklim in wat om 08:00 by die Afrikaanse Taalmonument begin, met ryers wat individueel sal wegspring.
Om 10:00 sal die padwedren by die ingang van die Boland krieketstadion wegspring.
Soortgelyke wedrenne sal weer op 25 Junie aangebied word.
Navrae by Peter Daniëls (083-316-5907) of Ian Goetham (083-949-4501 of 862-5670).
More
News
|