Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laurika Rauch in die katedraal

Laurika Rauch in die katedraal
 
2007-10-25


DIE KWV bied in November ’n unieke geleentheid aan met een van Suid-Afrika se vooraanstaande kunstenaars.

Laurika Rauch tree Vrydag 16 en Saterdag 17 November om 19:00 in KWV se Katedraalkelder op.

Hierdie wêreldberoemde kelder met sy koepelvormige dak, gekerfde houtvate en 1100 klein houtvate, bied ’n wonderlike atmosfeer vir konserte van hoogstaande gehalte.

Laurika Rauch het geen bekendstelling nodig nie, na al die suksesvolle jare in die musiekbedryf, het sy steeds gehore aan haar voete.

Laurika en die pianis Clinton Waring tree op met ’n program wat saamgestel is uit nuwe liedjies van haar nuutste album ’n lekker verlang liedjie.

Vir die aanhangers van Laurika, beloof sy dat sy die aand ook van haar ou bekende treffers met die gehoor sal deel.

Met twee sulke talentvolle kunstenaars op die verhoog beloof hierdie konsert om die gaste groot genot te gee.

Die kaartjies kos R180, en sluit in verversings en die bekende Cathedral Cellar wyne van KWV.

Besprekings kan gedoen word deur Janine Eybers weeksdae te skakel by 021-807-3217.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za