Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Humor en patos by die kelder

Humor en patos by die kelder
 
2007-10-25


DIT sal humor en patos wees in Art of Charf met Wilson Dunster en Elize Cawood Vrydag 9 November en Saterdag 10 November om 20:15 by Simonsvlei.

Gloria van der Vyver (Elize Cawood) se lewe en loopbaan by die Lady Lonely Hearts se uitgaanklub is iets van die verlede.

Sy was ook ’n ruk lank “agony aunt” by ’n tydskrif waar sy menige leser se kommer versag het, maar moderne tegnologie het gesorg dat haar besigheid se voortbestaan wankel.

Deesdae gebruik mense “chat rooms” en “on line dating services” om ’n geskikte lewensmaat te ontmoet. Behalwe nou vir Cedric Tidbury (Wilson Dunster).

Cedric is ’n afgetrede, geskeide loodgieter van Benoni en ’n kliënt wat nie moderne tegnologie verstaan of besit nie.

Sy huis is te groot vir hom en sy hond, en hy smag na ’n sielsgenoot. Hy glo Gloria kan help.

Die kombinasie van humor en patos, is die wenresep in Paul Slab se “Art of Charf”.

Alhoewel dit in Engels opgevoer word, is dit ’n lewensgetroue Suid-Afrikaanse opvoering.

Kaartjies (R100) sluit wyn en ’n peuselete vanaf 19:30 in.

Vir inligting oor die kaartjies, skakel 021-872-3187 soggens.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za