Kamerorkes op wynplaas
2007-10-25
DIE Kaapstadse Kamerorkes tree Saterdagaand op by Seidelberg Wynlandgoed in Suid-Agter-Paarl, in ’n uitvoering van ’n Mozart-simfonie onder leiding van dr Corvin Matei.
Die wynmaker, Cerina de Jongh, is die solis in die konsert om 19:00 op die grasperk voor die kelder.
Cerina het aan Gimnasium Hoërskool in die Paarl gematrikuleer, waar sy haar finale musiekeksamen cum laude geslaag het.
Daarna het sy aan Elsenburg Landboukollege studeer voordat sy oral oor die węreld wynmaak-ondervinding opgedoen en haar in 2003 by Seidelberg aangesluit het.
Die optrede vorm deel van die loodsing van ’n nuwe wyn, “Cecelia”, die inkomste waarvan gedeeltelik gebruik sal word om die nood van straat- en weeskinders in die Paarl-omgewing te verlig.
Kaartjies is beskikbaar teen R125, wat ’n piekniekmandjie met geregte deur Cass Abrahams van De Leuwen Jagt Restaurant, en ’n bottel wyn insluit.
Bespreek by 021-863-5207.
More
News
|