Baba oorleef: in sak gevind
2007-10-25
Lise Beyers
’n PASGEBORE baba is van ’n gewisse dood gered toe hy weerloos nagelaat is in Paarl-Oos.
Maandagaand, in gietende reën, het inwoners van Beukesstraat vreemde geluide gehoor kom vanuit ’n deurloop tussen Paulus Joubert Sekondêr en Primêr.
By nadere ondersoek het ’n persoon afgekom op ’n swart plastieksak waaruit die geskree van ’n baba gekom het.
Die baba was pasgebore en sy naelstring was steeds heel.
Hy is dadelik na die Paarl-Oos polisiestasie geneem, waar die weerlose seuntjie in ’n handdoek toegedraai is en na die Paarl Hospitaal geneem is.
Na ’n volle mediese ondersoek is daar bepaal dat die seuntjie in goeie gesondheid is.
’n Verpleër het egter gesê dat indien die publiek nie op die noodkrete van die baba gereageer het nie, sou hy nie die koue nag oorleef het nie.
’n Inwoner van die gebied het gesê dat hy vroeër die aand ’n gesette vrou sien vlug het van die toneel. Sy het gelyk asof sy sukkel om te loop.
'n Dertigjarige vrou het Woensdagmiddag haarself by die Paarl-Oos polisiestasie oorgegee. Sy is vermoedelik die ma van die baba en is na die Paarl Hospitaal geneem vir 'n mediese ondersoek.
Sy staar nou ’n klag van poging tot moord in die gesig.
Enigiemand met inligting in verband met dié voorval kan vir insp Deon Nicolas skakel by 021-807-4000.
* A newborn baby has survived after being dumped by the roadside in a plastic bag.
More
News
|