Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions leer studente ’n les

Albions leer studente ’n les
 
2005-06-09


DIT was voorwaar Albions wat Saterdag die lat geswaai het in hul rugbywedstryd teen UWK op Daljosafat wat hulle 44-17 gewen het.

Die Paarliete het rustyd 24-12 voorgeloop en reeds ’n bonuspunt verseker met vier drieë op hul kerfstok.

Dit was egter die besoekers wat eerste bloed geruik het, ná ’n onderskepdrie.

Albions het egter vinnig sy spel in orde gekry en so kon Alvin Hugo (2), Gamaine Poggenpoel, Lincoln du Preez, Elrico Pietersen, Jenovan Cornelissen en Dominic Daniels Albions se drieë druk.

Cornelissen se drie was egter die hoogtepunt van die dag. Hy het goed gedoen deur op die bal te val ná ’n kort skoppie deur die kaptein, Roderick Allies.

Daniels was ook suksesvol met drie doelskoppe terwyl Du Preez ook ’n skepskop oorgesit het.

Albions is groot dank verskuldig aan die donkiewerk van Strafford Geldenhuys (flank) wat menige losbal vir sy span gewen het.

Hy is dan ook as speler van die wedstryd aangewys.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za