Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pyle vlieg by toernooi

Pyle vlieg by toernooi
 
2005-06-09


VEERPYLTJIESPELERS van regoor die Wes-Kaap het hul vernuf ten toon gestel tydens die Martell All Cape toernooi wat onlangs in die Paarl gehou is.

Dit was die eerste keer in sy 26-jarige bestaan dat dié toernooi in die Paarl plaasgevind het.

Om die geleentheid meer spesiaal te maak, is ’n rekord-getal inskrywings ontvang.

Die inskryf van 38 senior spanne en nege junior spanne het net weer eens beklemtoon dat dié toernooi as ’n nasionale toernooi in die kleine beskou word.

Dit is dan ook die laaste toernooi waar spelers die geleentheid het om die keurders vir die Protea en Distrik spanne te beïndruk.

Die Nasionale Kampioenskappe vind in Julie in Port Elizabeth plaas.

In die mans A-afdeling het spanne van die WP ’n sterk vertoning gelewer, met SPRA, Mitchells Plain en Noordelike Voorstede (NSDU) wat die eerste, tweede en derde posisies beklee het.

Boland, die verdedigende kam- pioen, was in die vierde plek.
In die B-afdeling het NSDU met ’n skamele ses punte die eerste posisie beklee, met Boland (ook hier die verdedigende kampioen) in die tweede plek gevolg deur Helderberg.

In die vroue-afdeling het Mitchells Plain die oorhand gehad.

Die Protea-spelers Shirlene Small, Henriëtte en Sunet Luke het saam met P Solomon en E Miller ’n onoorwonne span uitgemaak.
Tygerberg het tweede geeindig met NSDU in die derde plek.
In die enkelkompetisie was dit jeug teen ondervinding toe die jonge Roberto Werth van Starlight Veerpylklub teen die Protea-speler, Wynand Havenga, te staan gekom het in die mansfinaal.

Hoewel dit ’n tawwe tweestryd was, het die ervaring van Havenga in sy guns getel en hy wen 4-2.

In die vrouefinaal het Tania Mans, ná ’n afwesigheid van bykans drie jaar, amper vir ’n verrassing gesorg.

Shirlene Small, huidige Maseru Ope enkelkampioen, het haar egter nie van stryk laat bring nie en wen die wedstryd 4-2.

’n Rekord-getal van 234 voltalle deur 81 spelers is tydens die toernooi gegooi.

Havenga het 13 hiervan gegooi, terwyl die 18-jarige Roswell Maxwell (NSDU) ’n verstommende 11 voltalle gelewer het.

Die vroue het ses voltalle opgelewer deur H Luke (2), S Small (2), Vicky Carnow en Antoinette Brits.

Die hoogste toemaaktelling onder die mans was Earl Pentolfe (MPRA) se 161 terwyl Priscilla Solomon (MPRA) met syfer 138 toegemaak het.

* Saterdag word ’n junior kompetisie aangebied as deel van die Boland Veerpyl Raad se Jeugdagvieringe. Sowat 200 jong spelers vanuit WP en Boland word verwag. Wedstryde begin om 09:00 by die Ambagsvallei Sportkompleks.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za