Blues sukkel om drieë te druk
2005-06-09
HOEWEL die span van Laer Paarl (Blues) Rugbyklub nou al ses wedstryde agtermekaar gewen het, sukkel hulle om oortuigende seges te behaal.
Blues lê tans derde op die punteleer van die WP se Divisie 4. In die 10 wedstryde wat hulle al tot dusver vanjaar gespeel het, het hulle nog net twee verloor.
Die kwellende feit is egter dat die span nog nie meer as vier drieë in ’n wedstryd kon druk nie.
Saterdag was ’n bewys hiervan toe Blues se voorhoede nie aan die gang kon kom teen Raithby nie.
Hoewel laasgenoemde se voorspelers oorheers het, was ’n drie deur Mannie Solomons asook die doel- en ’n strafskop deur Wanie Africa genoeg om die Paarliete van ’n 10-7 sege te verseker.
More
News
|