Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere slag Bergrivier

Tiere slag Bergrivier
 
2007-10-25


DIE Young Peoples Krieketklub (Tiere) het verlede Saterdag tydens 'n wegwedstryd by Daljosafat-stadion 'n reuse-oorwinning van 122 lopies oor Bergrivier behaal.

Bergrivier het die loot gewen en die besoekers ingestuur om te gaan kolf.

Die Tiere het uit die staanspoor met aggressiewe kolfwerk onder die tuisspan se boulers ingeklim en deurgaans 'n gemiddelde lopietempo van vyf lopies per beurt gehandhaaf.

Brendan Adams (83, 6x4 en 1x6), Dominic Daniëls (65, 11x4 en 1x6) en debutant Shaun Cutting (52, 5x4), het uitstekend gekolf om Young Peoples na 'n massiewe telling van 305 in 60 beurte te lei.

Die vennootskap tussen Daniëls en Cutting (103 lopies van 75 balle) was die hoogtepunt van Young Peoples se kolfbeurt.

Lee-Irvin Alexander het vir die tuisspan uitgeblink met boulsyfers van 5/35.

Bergrivier se kolfbeurt het rampspoedig begin met die eerste vier paaltjies wat vir slegs 58 lopies gekantel het.

Lorenzo Jacobs (3/36) en Charlton Daniëls (2/30) het uitstekend afgerond om die knoop vir die Tiere deur te hak.

Young Peoples se tweede span het op Wellington kleingeld van Bergrivier II gemaak nadat hulle met sewe paaltjies geseëvier het.

Bergrivier II het eerste gaan kolf en is ondanks 'n pragbeurt deur Roger Petersen (80, 10x4) vir 'n karige 163 lopies uitgeboul.

Die Tiere se Lee-John Julius het sy opponente deurmekaar gedraai en ses paaltjies vir æn ekonomiese 27 lopies laat kantel.

Hy is goed ondersteun deur Jarrier Alexander (3/59).

Die jong aanvangskolwer Hershille Barron het Bergrivier kruis en dwars oor die veld gemoker vir 'n uitmuntende 104.

Dit het 15 viere en twee reuse sesse ingesluit.

Die Tiere het die wenlopies in die 37ste beurt behaal.

* Young Peoples I speel Saterdag weg teen Malmesbury terwyl die tweede span die koringboere by Daljosafat-stadion aanvat. Die derde span speel ook hier teen Northdene.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za