Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses in sewes-hemel

Roses in sewes-hemel
 
2007-10-25

Jacques Rossouw

DIE sewes-rugbyspan van Roses United het verlede Donderdag met verskeie pragvertonings die Boland Unie se klubkampioenskap op Wellington gewen.

Hierdie kompetisie het ook gedien as proewe vir die Boland sewes- oefengroep wat volgende maand aan die inter-provinsiale kampioenskap gaan deelneem.

Roses het tydens die eerste ronde in groep B gewys dat hulle een van die aanspraakmakers op die titel is nadat hulle gemaklik met 24-7 oor Hawston geseëvier het.

Die Wellingtonners het beďndruk met hulle vermoë om die bal te versprei en spelers in gapings te plaas.

Verder het hul verdediging ook deurentyd baie goed gehou.
Die tweede ronde kragmeting teen Piketberg was ‘n bietjie taaier gewees, maar Roses het weereens die oorhand gekry om hierdie stryd met 28-17 te beklink.

Met hierdie sege het Roses United deurgedring na die finaal waar hulle teen Rawsonville, die wenners in groep A, te staan gekom het.

Roses en Rawsonville het mekaar behoorlik opdraande gegee en daar was bitter min te kies tussen hierdie twee spanne.

Dit was uiteindelik die span van Wellington wat met gedissiplineerde spel, treffende aanvalslyne en stewige verdediging die wedstryd met 26-20 gewen het om sodoende die sewes-kampioene van die Boland te word.

Die ondervoorsitter en direkteur van afrigting by Roses United, Francois Davids, het gesę hy is verskriklik trots op sy manne.

“Ons voel baie goed oor die sege, veral aangesien ons vroeg hierdie seisoen heelwat spelers aan ander klubs verloor het.

“Die jong spelers wat in hul plek opgestaan het, het tot dusver uitstekende rugby gespeel,” het Davids baie trots gesę.

* The sevens-team of Roses United Rugby Club was crowned provincial club champions last week Thursday after beating Rawsonville 26-20 in the final of the Boland Sevens Regional and Club championship in Wellington.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za