Snoei wolhaarstories
2007-10-25
EK wil graag my mede-lesers attent maak op ’n wolhaarstorie oor Wagter en Lady, Scottie en Fluffy.
Daar is nie so iets soos “honde-tyd” nie. Dié idee kom seker van die gemiaau oor katte se “Augustus-maand”? ’n Hond kan meer as een keer per jaar op hitte gaan, en beslis nie net altyd in die lente nie.
Dus, wanneer die bure se honde jou vullisdromme begin omdop uit frustrasie omdat hulle nie by Vlooitjie in die agterplaas kan kom nie, is dit tyd vir inlê met die snoeiskêr.
Dié diens kan net deur ’n veearts uitgevoer word, en amper vir ’n plaas se prys. Bel maar bietjie rond.
Elke veearts in die Vallei het sy eie prys, maar onder R630 sal jy nie wegkom vir jou (én Milo) se rus en vrede nie.
Ma van Milo
More
News
|