Violets trek swaar teen Titans
2005-06-09
DIE eerste span van Violets Rugbyklub het Saterdag teen Titans op Daljosafat Stadion weer hul rieme 15-8 styfgeloop.
Die besoekers het in die eerste vyf minute hul eerste drie gedruk en ná ’n strafskop met rustyd 8-0 voorgeloop.
Die tuisspan se ligte pak voorspelers was nie opgewasse teen die sterker voorhoede van Titans nie.
Ondanks dié tekortkoming maak Violets sake gelyk nadat Melvern Pietersen ’n strafskop oorsit en Dorian Bruintjies ’n drie druk.
Te veel foute aan Violets se kante en die afstaan van 13 strafskoppe gee Titans die geleentheid om nog ’n verdoelde drie aan te teken.
Violets se tweede en derde spanne het 31-7 en 5-0 gewen.
More
News
|