Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oneerlike hondsmous

Oneerlike hondsmous
 
2007-10-25


EK verwys na die brief oor “Hondekopery sonder waarborg” in verlede week se Paarl Post.

My dogter het verlede jaar met waarskynlik dieselfde vrou ‘n hondekopery aangegaan. Min of meer dieselfde werkwyse as met die Porterville-mense is toe ook gevolg.

‘n Miniatuur Malteser is vir R600 gekoop; indien die hondjie geregistreer sou word, sou die bedrag R1000 wees.

Hoewel Yolanda, die hondeverkoopster van Generaal Hertzogrylaan 181, Berg-en-Dal, Wellington (selnommer 082-670-3276), voorgegee het dat die hondjie ses weke oud was, kon die dingetjie nog nie behoorlik loop nie.

Boonop moes hy aanvanklik met ‘n drupper gevoer word! Tydens die verkoop, kon die hondjie hoogstens drie weke oud gewees het.

Hondjie het egter begin groei, en groei, en groei! Uiteindelik het hy nie meer in sy hokkie gepas nie, en was die erf hopeloos te klein vir hom. Hy het soos ‘n wit skaaphond begin lyk!

Yolanda gaan steeds voort met haar gewetenlose praktyk. Tans verkoop sy miniatuur Dobermanns vir R1000; die geregistreerdes is R4000 elk.

Iemand moet iewers ingryp en hierdie hondeverkoper aan die pen laat ry. Dalk kan die DBV iets doen.

Teen die tempo wat hierdie boereverneukery plaasvind, wonder ek of SARS darem ook ‘n regmatige deel kry!

Honde-Ouma



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za