Sakekamer byeen
2007-10-31
VYF jaar gelede het Louis Odendaal die Paarlse Sakekamer toegespreek in ‘n onvergeetlike aanbieding oor persoonlikheidstipes en konflikhantering.
Hy is deesdae ’n internasionale spreker van formaat wat saam met die bekende laterale denker Edward de Bono werk.
Hy bring op 13 November weer besoek aan die Paarl Sakekamer van 16:00. Hy sal praat oor ”Kritiese vaardighede wat ‘n direkte invloed op die winsmarge van kleinsake het.”
Toegang is gratis maar maak seker van u sitplek deur te bespreek by Serene by 021-872-6528.
More
News
|