Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man aangeval op pad van stasie

Man aangeval op pad van stasie
 
2007-11-01


’n MAN is Dinsdagaand vermoor toe hy vanaf Mbekweni treinstasie na sy huis in New Rest gestap het.

Jan Scholtz (32) is omstreeks 19:00 deur rowers oorrompel en toe hy hom teëgesit het, is hy met ’n mes in die bors gesteek.

Die polisie is tans besig om twee verdagtes te ondervra in verband met die voorval.

* Nog ’n man is die afgelope naweek doodgesteek, dié keer tydens ’n argument met sy vrou op ’n plaas in Suider-Paarl.

George Albertus is een keer noodlottig in die rug gesteek.

Regina Swart het in die Paarl Landdroshof verskyn in verband met die voorval.

* Twee mans, een van Groenheuwel en ’n ander van Lantana, lê tans in kritieke toestand in die Tygerberg Hospitaal nadat hulle albei Saterdagaand erg aangerand is.

Jason Magalela is in Bartholomeusstraat verskeie kere met ’n hamer teen die kop geslaan. Marco Dawid is in Azaleastraat deur sy aanvaller geskop en geslaan.

Enigiemand met inligting in verband met die twee voorvalle kan vir insp Roger Dysan skakel by 083-658-4859.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za