Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gimnasium skitter

Gimnasium skitter
 
2007-11-01


PAARL GIMNASIUM se o.19A-krieketspan het Donderdag vir Bishops ’n drag slae met 8 paaltjies toegedien en vroeër in die week ook die sterk span van Hurlingham School (Engeland) geklop.

In die wedstryd teen Bishops (170) het Marchant Genis ’n onoorwonne 90 lopies vir die Paarliete (171/2) aangeteken terwyl Leonard Louw 5/45 ingeoes het.

In die Boland het Hoërskool Charlie Hofmeyr (Ceres) ’n groot verrassing gelewer toe hy die HJS Paarl vir net 85 lopies uitgehaal het om met 20 lopies te seëvier.

Die 15-jarige Jason Thiart was die groot staatmaker in die Landbouskool Boland (134/1) se sege met 9 paaltjies oor die Hoërskool Strand. Thiart het 7/28 ingeoes.

Die junior in die Boland wat die beste vertoon het, was Johan Cilliers wat 90 lopies vir HJS Paarl teen Charlie Hofmeyr aangeteken het.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za