Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland atletiek vereer sy presteerders

Boland atletiek vereer sy presteerders
 
2005-06-09


PLAASLIKE atlete en beamptes is Vrydagaand tydens die Boland Atletiek se eerste Vyf-Ster Prestasie Toekenningsaand ’n klop op die skouer gegee vir hul bydrae die afgelope seisoen.

Meer as 200 eregaste en presteerders het die geleentheid bygewoon wat by die Paarl Polisiekollege gehou is.

Atlete, beamptes en administrateurs is erkenning gegee vir hul prestasies wat hulle in die tydperk van Mei 2004 tot April bereik het.

Die Vyf-Ster Prestasie Toekenning, die hoogste eer wat ’n provinsie aan sy atlete kan gee, is aan 17 presteerders toegeken.

’n Verdere 113 toekennings is ook aan presteerders oorhandig wat in die vier-ster afdeling uitgeblink het.

Een-, twee- en drie-ster toekennings word slegs by skole en klubs toegeken en is vir atlete wat op streek- of provinsiale vlak presteer.

Volgens Ronel Beukes, voorsitter van die komitee wat die aansoeke moes beoordeel, was gradering van die toekennings geen maklike taak nie.

Boland Atletiek se atlete alleen het die afgelope jaar meer as 100 medaljes op nasionale en internasionale vlak verower.

Toekennings is gedoen in die kategorieë vir atlete, afrigters, administrateurs, beamptes, klubs, borge en Presidents-toekennings.

In die kategorie vir atlete het vier atlete Vyf-ster toekennings ontvang.
Frantz Kruger, Okkert Brits, en Janice Josephs (al drie van Maties Atletiekklub), wat onder die beste agt atlete in hul onderskeie items geëindig het by die 2004 Olimpiese Spele, het Vyf-ster toekennings ontvang.

Regan Julies van die Paarl Atletiekklub wat ’n bronsmedalje ingepalm het by verlede jaar se 2004 Statebond Jeugspele, het ook ’n Vyf-ster toekenning ontvang.

In die kategorie vir afrigters is ’n Vyf-ster toekenning aan die Paarliet Raymond Julies (Paarl AK) gemaak. Julies is die afrigter van sy seun, Regan, asook Keenan Watson en Elmarco Mathews wat al drie die afgelope jaar medaljes gewen het op nasionale of internasionale vlak.

Die twee Matie-afrigters Joep Loots (afrigter van Okkert Brits, Johan Koen en Nicola Loots) en Willie Banks (afrigter van Janice Josephs) het ook die Vyf-ster toekennings ontvang.

In die kategorie vir tegniese beamptes het Brandon du Plessis ook van die Paarl en Chauncey Johnson (Maties AK) die hoogste toekenning ontvang.

Hulle het albei sleutelrolle vervul tydens vanjaar se ABSA Reeks Atletiekbyeenkomste.

In die kategorie vir administrateurs is David Koopman van Paarl Atletiekklub en Lionel Hill (Ceres AK) vereer vir hul onbaatsugtige bydrae om atletiek te bevorder oor ’n tydperk van meer as vyf jaar.

Die President van Boland Atletiek, dr Harold Adams, het in die spesiale kategorie vir uitsonderlike prestasies aan die Paarliet, Ernst van Dyk, ’n toekenning gemaak vir sy prestasies by die 2004 Olimpiese Spele asook tydens die Londen Marathon.

Die Paarliet Conwall du Plessis en Charles Beukes (Worcester AK), albei oud-presidente van Boland Atletiek, het ook toekennings ontvang vir hul bydrae tot die sport.

Noël Daniels (Wellington AK) en Mossie Mostert (Maties AK), wat as onderskeidelik beampte en afrigter oor baie jare uitstekende diens gelewer het aan Boland Atletiek, is ook met ’n presidentstoekenning vereer.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za