Telbord
2007-11-01
GHOLF * Paarl Golf Club (Monthly Medal) A-division: 1. H Calitz 66, 2. M Frost 75 and 3. AJ Malan 76. B-division: 1. H Jordaan 69, 2. E Troost c/o 69 and 3. B Hughes 73. C-division: 1. G Retief 67, 2. HW Endreae 68 and 3. A Kitching 69. * Wellington Gholfklub (4BBB Stableford) 1. L Geldenhuyst/ T Pool 46, 2. Jan Schoeman/ Gino Giani 45, 3. E Serdyn/ A Serdyn 44, 4. H Badenhorst/ J Goosen 44 en 5. J Cloete/ J Genis 44.
ATLETIEK * Plaaslike atlete wat by die Top 10-byeenkoms op Bredasdorp puik vertonings gelewer het, is Aletta Swart (HMS Paarl, m.o.14, gs in 11,24m), Jaco Joubert (Paarl Gim, s.o17, sg in 64,16m), Bartlo Crous (Paarl Gim, s.o.14, gs in 12,56m), Jannie Briers-Louw (Paarl Gim, s.o.14, 800m in 2:12,5). Die plaaslike wenskool in minder as 600 leerlinge is Hoër Landbouskool Boland. In meer as 600 leerlinge is dit Paarl Gimnasium. * By die Paul Roos en Matieklub se Parmalat byeenkoms het plaaslike atlete goed gevaar. Devon Williams (HJS Paarl, s.o.15 100m in 10,90sek - 967 punte), Curt Ruiters (HJS Paarl, s.o.17 100m in 10,60sek - 936 punte). In die nommers vir meisies het Jean-Marie Senekal (Gim, m.o.15 90m hekkies in 13,40sek) uitgeblink. TENNIS * Boland-Sentraal het goed gevaar teen SWD en ’n wedstryd-telling van 86 teenoor 74 behaal. Die Bolandse o.10-span het sy wedstryde met 23-17 gewen, terwyl die o.11-span met 22-18 baas was. Boland se o.12-span het met 23-17 gewen. Gerrit Langenhoven (Laerskool Slot van die Paarl) was ’n uitblinker op nommer een vir die Bolandse o.10-span, terwyl Christiaan van der Burgh (Courtrai Laerskool) van die Boland Sentraal-span op nommer een al sy wedstryde in die o.13 afdeling gewen het.
HENGEL * Hermanus lê in ’n goeie posisie en die Paarliete sal hul sokkies moet optrek as hulle kampioenklub wil wees. Paarl hengelaars wat goed gedoen het, is Willie Southey wat algeheel sesde en Morné Esterhuizen in tiende plek is. Tony Kruger is vierde in die sub-veteraan afdeling en Willie Southey tweede in die meestersafdeling. DUIWE * Wellington Resiesduifklub (Springfontein, spoed 1684,684 mpm) 1. W Arendse 2. A Arontjies en 3. H Lee. (Kroonstad, wenspoed 1335,627 mpm) 1. W Arendse 2. A Moses en 3. D Adams (Theunissen, wenspoed 1180,686 mpm) 1. W Arendse 2. D Perrins en 3. H Lee (Leeugamka) 1. en 2. A Laubscher 3. D Perrins.
More
News
|