Gim hou kop hoog
2007-11-01
DIE wennerstrofee van die naweek se @tlantic sewes-rugbytoernooi pryk by Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch, maar Paarl Gimnasium het nie sommer voor die oorwinnaars gaan lê nie.
Paul Roos het Klein Nederburg in die halfeindronde 33-7 geklop, en toe met Paarl Gim in die eindstryd 34-17 afgereken.
Die Gimmies het weer Hoër Jongenskool Paarl in die halfeindronde met 33-12 geklop.
In die uitspeel het HJS vir Klein Nederburg met 29-28 geklop.
In die Bowl-kompetisie (vir naaswenners) het Schoonspruit in die eindstryd met 24-17 teen Drostdy gewen, terwyl die plaatfinaal gewen is deur Excelsior wat Paulus Joubert in die eindstryd 26-14 geklop het.
Justin McKay van Excelsior is gekies as speler van die toernooi. Hy sal Paul Treu, die afrigter van die SA Sewes-span, met ’n skolespan vergesel op ’n toer na Dubai.
More
News
|