Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Unisa-sentrum groei

Unisa-sentrum groei
 
2005-06-09


‘n OOREENKOMS tussen die Hugenote Kollege en Unisa waarkragtens onder meer ‘n registrasiesentrum by die Kollege ingerig is, is onlangs kontraktueel bekragtig.

Die ooreenkoms maak daarvoor voorsiening dat voornemende Unisastudente by die Kollege vir hulle studie kan registreer, hulle studiestukke daar kan inhandig, boeke en werkstukke daar kan afhaal en inligting oor enige studierigting daar kan bekom.

Die diens geld ook vir studente van die voormalige Technikon SA en Vudec.

Afgesien van registrasies by die sentrum in Kerkstraat, Wellington, hanteer die sentrum ook pos- en internetregistrasies. Die studente van die Hugenote Kollege word ook jaarliks deur dié sentrum geregistreer.

Tot op datum is die registrasies van meer as 2100 Unisastudente reeds vanjaar hanteer, wat dit die vierde grootste registrasiesentrum van Unisa in Suid-Afrika maak.

Die ooreenkoms maak verder daarvoor voorsiening dat die Hugenote Kollege sy bestaande graadkwalifikasies in Maatskaplike Werk, Jeugwerk, Gemeenskapsontwikkeling en Spelterapie in die toekoms kan uitbrei na enige graadkursus van Unisa.

Dit sal dan op die kampus van die Kollege aangebied word en die studente wat daarvoor inskryf, sal deur die Kollege onderrig word met Unisamateriaal en hulle grade by suksesvolle voltooiing daarvan van Unisa ontvang.

Die sentrum beskik oor die diens van ses personeellede onder leiding van Gerhard Schenck. Die personeel is spesiaal toegerus om afgesien van die registrasieproses, studente ook te help met inligting wat hulle kan help om ‘n loopbaan te kies.

Die Unisaregistrasiesentrum van die Hugenote Kollege kan daagliks tussen 07:45 en 16:00 besoek word. Die sentrum kan ook per e-pos bereik word by schenhg@unisa.ac.za of per telefoon by 873-0224.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za