Kalender
2007-11-01
Sangaand. Die New Born Pentecostal Kerk bied ’n sang-aand aan Saterdag om 19:00 in die Tiffanys Saal (langs Food O’Rama) in die Paarl. Kaartjies is R10 (R5 kinders). Skakel 083-337-5423.
Scrapbooking workshop. Scrapbooking workshops will be held at Noop restaurant in Paarl on Wednesdays, 7 November and 5 December. Workshops are R100 and will be held twice a day from 09:00 to 12:00 and then from 18:00 to 21:00. Call Elzette Coetzer on 084-513-6833.
Hulp. Mense wat graag wil help met die skenking van klere, meubels en goedere wat vir behoeftiges baie kan beteken, kan die ACVV skakel by kantore op Wellington (021-873-2204), Skakel Paarl (021-872-2738), Noorder-Paarl (021-872-3487) en Paarlvallei (021-871-1515).
Forum. Die jaarvergadering van die Wellingtonse Gemeenskapspolisie-forum word vanaand om 19:30 by die Wellington Jeugsorgsentrum gehou. Vir navrae, kontak konstabel NC swartz by 083-949-3142.
Feestuin. Die Wellington Tuinbouvereniging se volgende vergadering is op 6 November te Bainstraat 46. Hermien Basson sal praat oor versiering met die Feesgety. Kaartjies (R50) moet bespreek word by Marita (021-873-6107). Nie-lede is welkom.
More
News
|