Die jong Bokke
2007-11-01
JONG manne uit die omgewing het behoorlik hul staal gewys tydens die voorwedstryd vir die Currie-bekerfinaal in Bloemfontein Saterdag.
Westelike Provinsie o.19 het hul Blou Bul opponente met 29-27 geklop in die Absa Bekerfinaal.
In die span wat die toeskouers in die Bloemfontein stadion op hul voete gehad het, was Morné Hanekom en Burger Schoeman (oud-Boland Landbouskool), Juan de Jongh (oud-Hugenote Hoër), André Kemp, Jean Rossouw en Lourens Adriaanse (oud-Gimmies), Yaya Hartzenberg en Callie Visagie (oud-Boishaaiers).
Dié talentvolle, jong spelers is almal verbonde aan die WP Rugby-instituut op Stellenbosch waar daar rugby geëet, gedrink en geslaap word.
More
News
|