Handewerk by opedag
2007-11-01
’n OPEDAG word Saterdag 10 November vanaf 10:00 op Daljosafat-stadion aangebied vir die Drakenstein Sentrum vir Gestremdes.
Alle belangstellendes uit die gemeenskap is welkom om te kom kyk na die handewerk van die gestremdes.
Daar sal ook aktiwiteite vir ieder en elk wees. Die dag word aangebied deur die organisasie Valley Chefs en Charity Crew van die Paarl.
Woensdag 5 Desember word ’n jaarlikse Kersfeesparty vir sowat 4000 minderbevoorregte kinders gegee.
More
News
|