Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Goed oor die golwe

Goed oor die golwe
 
2007-11-01


DIE Wellingtonners het verlede naweek weer skuim gegooi oor hul teenstanders in die Trans Atlantic rubberbootresies tussen Strandfontein en Bloubergstrand.

Team Agriwire met Steyn Basson en Philip Schenk het met 18 min 50 sek sy naaste teenstander uitgestof om eerste plek in te palm.

In die derde plek het Team Wellington Fruit Processors met André le Roux en Juan Mynhardt uitstekend gevaar in die P750 Blueprint-klas, veral aangesien dit hulle eerste Trans Atlantic is.

In die P750 Standaardklas het Team Zing/Slabbert Burger Transport met Jacques Groenewald en Ferdi Schenk met ‘n derde plek strawwe kompetisie les laat opsê, ook ‘n persoonlike beste.

JD de Villiers en Dirk Crafford (Team Africa Sanitation) se boot het gebars in ‘n ongeluk.

“Die drie-dae resies was weer nie maklik nie, met die Weskus se water van die rofste en moeilikste ter wêreld om te ry,” sê Steyn.

Die mis het Strandfontein in ‘n oogwink oorval. Die besluit is geneem om per land al die bote te vervoer na Lambertsbaai.

Daar gekom was die mis nie beter nie en die hele byeenkoms is geskuif meer suid na Velddrif.

Daar het die organiseerders ‘n 70km roete uitgelê. Die wind het ook opgesteek en die water was baie moeilik rybaar.

Dag twee het mis veroorsaak dat die bote weer padlangs is na Klub Mykonos. In ongelooflike kalm toestande is daar toe verder na Yzerfontein gejaag. Om kilometers in te werk, is daar die middag weer ‘n offshore circuit gehou.

Dag drie neem die byeenkoms van Yzerfontein na Big Bay in Blouberg met ‘n vinnige strand-stop in Melkbosstrand. Die wind het opgesteek en die see was rof.

Die algehele wenners in ander klasse is P750 Modifieds: Tiaan Vermeulen en Stevie Minnaar (Team Econo Decking) en in die P750 Standaardklas: Rianto van Niekerk en Steven Uberhauzer (Team Van Niekerk Renovators).

Hierdie resies was voorbereiding vir die Trans Agulhas 27 Desember tot 1 Januarie. Eers word die volgende byeenkoms gehou by Mountain Mill-Sentrum in Worcester, 1 en 2 Desember.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za