Dans vir Darren
2007-11-01
’n PIEKNIEKDANS word Vrydagaand gehou om fondse in te samel vir die 11-jarige seun, Darren-Lee Brink, wat by die dood toe omgedraai het toe hy op sy fiets deur ’n voertuig getref is.
Darren-Lee het ernstige kopbeserings opgedoen en was vir drie weke in ’n koma.
Sedert die ongeluk wat in Maart plaasgevind het, moes Darren-Lee intensiewe mediese behandeling ondergaan wat sy ouers se mediese fonds uitgeput het.
Tans beloop oortollige mediese onkostes meer as R40 000.
Dus het kollegas van Darren-Lee se pa, Ashraf, wat ’n bewaarder by Allandale-gevangenis is, besluit om ’n spesiale piekniekdans te reël om sodoende verligting aan die familie te bring.
Die dans vind om 20:00 by die nuwe ontspanningsaal by Allandale plaas en die Variety Brass Band sal verantwoordelik wees vir die musiek.
Om 19:00 sal ’n bus vanaf Wellington vertrek en langs die taxiroete ry om passasiers te vervoer na Allandale vir die dans.
Kaartjies is R50.
Kroegfasiliteite sal beskikbaar wees. Navrae by 021-873-7366
More
News
|