Laurika Rauch in die Katedraalkelder
2007-11-01
TOP Suid-Afrikaanse kunstenaar Laurika Rauch, tree Vrydag 16 en Saterdag 17 November om 19:00 in die KWV se Katedraalkelder op.
Die kelder met sy koepelvormige dak, gekerfde houtvate en 1100 klein houtvate, bied ’n wonderlike atmosfeer vir konserte van hoogstaande gehalte.
Laurika en die pianis Clinton Waring tree op met ’n program wat saamgestel is uit nuwe liedjies van haar nuutste album "'n lekker verlang liedjie".
Die kaartjies (R180) sluit in verversings en Cathedral Cellar wyne.
Skakel Janine Eybers weeksdae vir besprekings by 021-807-3217.
More
News
|