Blomme en musiek
2007-11-01
’n PAARLIET, bloemis Bernie Hermanus, loods haar tweede CD, “Touched like Fire”, op Donderdag 13 Desember om 19:00 in die Paarlse stadsaal.
“Drie van die liedjies op my nuwe CD het ek self geskryf. Ek wil nie veel sę oor wat op die CD is nie, maar mense kan wel jazz- en liefdesliedjies verwag,” sę ’n opgewonde Bernie.
Haar eerste CD, ’n “single” genaamd Lied vir Drakenstein, het sy verlede jaar bekend gestel. Bernie kom uit ’n musikale familie.
“Eintlik wou ek nog altyd opera gesing het, maar het nog nie die geleentheid gekry nie.
“Ek het nooit ’n sangles geneem nie, maar het van jongs af die streng dissipline van professionele kore geken.”
Bernie se mooi sangstem het haar ’n wenplek besorg in die Paarl Talentkompetisie in 1981.
Haar prys was ’n sesmaande-toerkontrak saam met die bekende groep Boney M, waarvan sy nie gebruik gemaak het nie.
“Ek was 18 jaar oud en het nie regtig in ’n sangloopbaan belang gestel nie.
“Ek het uit ’n streng godsdienstige huis gekom waar my pa geglo het ons moet teen donker in die huis wees. "
Hy was nooit eens bewus van die prys wat ek gewen het nie.
Skakel Bernie 073-879-8467.
More
News
|