Teater met tsotsi en tromme
2007-11-01
DIE unieke teaterervaring, die Tsotsi-evangelie met sang deur Belia, kan hierdie naweek in die Ou Meul-teater in die Paarl ervaar word.
Saterdag om 20:00 en Sondag om 14:00 en 20:00 word die bekende Mattheus evangelie in Tsotsi-taal gehoor.
Die woorde, alhoewel in Tsotsitaal, kom direk uit skrywer Frans van Rensburg se hart. Die feit dat Van Rensburg self as verteller optree, gee die opvoering ’n persoonlike aspek.
In die Meul is Belia se medesangers gevangenes van Allandale-gevangenis.
Kaartjies is R50. Vir meer inligting oor die produsksie, sien www.tsotsi-evangelie.co.za.
* Dinsdag tree ’n tromspeler wat sing ook, die alternatiewe rocker Ghapi, om 20:00 by die Ou Meul-teater op.
Ghapi is die groot man, met die groot stem, met die groot bos hare, wat sy groot tromstel aan die brand slaan.
Ghapi is nie ’n nuwe gesig in die musiekindustrie nie. Hy het 27 jaar se ondervinding agter die blad. Die meeste mense het Ghapi tussen 1989 en 2004 leer ken as die sanger en tromspeler van die groep Georgia. Kaartjies is R70.
* Die sangeres Luna, tree Woensdag 7 November 20:00 by die Ou Meul-teater op.
Sy laat haar gehoor stom, ingetrek deur haar stories wat na hul sweef oor lirieke en musiek, aangebied in haar gevoelvolle stem. Luna werk tans aan haar derde album.
Dit is haar eerste Afrikaanse album en beloof om ’n splinternuwe klank na Afrikaans te bring.
Kaartjies R50 by Vicky Stemmet, 083-564-0056.
More
News
|