Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leerlinge speel toeris-toeris

Leerlinge speel toeris-toeris
 
2007-11-08


‘n GROOT groep opgewonde leerders van Imboniselo, Hillcrest, Saron en Bosplaas Primêre skole het onlangs die geleentheid gehad om op meer as een manier toerisme in ons omgewing van nader te leer ken.

‘n Uitstappie, wat deur die Wellington Inligtingskantoor, in samewerking met die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit gereël is, het vir groot opgewondenheid onder die jongklomp gesorg.

Die sowat 440 leerders is per bus na Nelson’s Creek in Windmeul geneem waar hulle meer geleer het van die plaas, diere en ander fasiliteite wat beskikbaar is.

Opvoedkundige speletjies het ook vir goeie spangees onder die jongklomp gesorg en trekkerritte was iets om oor huis toe te skryf.

‘n Tweede groep van ongeveer 220 leerders van Saron en Bosplaas Primêr het ‘n uitstappie na Tulbagh terdeë geniet. In die dorp het hulle die museum, leerfabriek en droëvrugtefabriek besoek.

Hierdie besoek het vir groot opgewondenheid gesorg, want die leerders kon hulself vergewis van hoe leerskoene gemaak word asook die proses wat gevolg word om heerlike droëvrugte te kry.

Uitgeput, maar steeds opgewonde is die groepie veilig by die skool terugbesorg met die dag se ervaringe veilig weggebêre vir ‘n ander dag se onthou.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za