Groot koorfees
2007-11-08
DIE Huguenot VGK kerkkoor se 35ste verjaarsdag word Sondag om 17:00 gevier met ’n koorfees in die Strauss Saal.
Benewens die kerk se eie koor sal VGK kore van Ceres, Eersterivier, Robertson en Worcester-Oos, asook plaaslike kerkkore optree.
Ander deelnemers is die Royal Stars, Bethel Cong koor, Bel Canto koor en Huguenot Praise and Worship.
Kaartjies is R10 (R5 kinders en deelnemers).
Skakel John Jonkers by 083-310-4901.
More
News
|