Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eensame graf teen Paardeberg

Eensame graf teen Paardeberg
 
2007-11-08


’n RAAISEL het in die Paardeberg omgewing ontvou, nadat plaaswerkers op menslike beendere afgekom het terwyl hulle daar ge-ploeg het.

Saterdagmiddag was ’n trekkerdrywer besig om ’n stuk grond op Ayama-plaas, voorheen bekend as Groot Slent, om te dolwe in voorbereiding vir die plant van ’n nuwe olyfboord.

Werkers het in die vore stukke van ’n menslike skedel sien lê, asook talle klein stukkies been.

Die eienaar van die plaas, Chris Neu, het die hulp van Robert Larke van Noorder-Paarl Buurtwag ingeroep om sy mening te vra.
Larke het dadelik die polisie ontbied.

Maandagoggend is ’n span polisiebeamptes en forensiese deskundiges, asook lede en honde van die honde-eenheid na die toneel om die gebied verder te fynkam vir leidrade.Nog stukkies beendere is wel gevind, maar die toneel bly steeds ’n raaisel.

Dit blyk dat dié stuk grond vir ten minste die afgelope 25 jaar beplant was met tabak, klawer of lusern.

Daar word vermoed dat die beendere baie oud is en geen tekens van kledingstukke kon gevind word nie. Dit is volgens polisiebeamptes ook ’n bewys van hoe oud die oorskot is.

Tot dusver kon niemand die talle vrae om die oorskot beantwoord nie.

Daar is geen teken dat die gebied ’n ou begraafplaas was nie, en die vorige eienaar van die plaas dra ook geen kennis hiervan nie.

Die beendere wat gevind is, sal nou weggestuur word vir verdere forensiese toetse om die ouderdom daarvan te probeer vasstel, asook die oorsaak van dood.

Dit sal hopelik ook bydra om meer lig te werp op die identiteit van die persoon aan wie die eensame rusplek behoort.

* The skeletal remains of a person were found buried on the slopes of the Paardeberg.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za