Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rieldans op berg

Rieldans op berg
 
2007-11-08


DIE tweede ATKV rieldans-kompetisie se uitdunronde vind plaas Vrydagaand 30 November om 19:00 by die Taalmonument.

Sewe groepe gaan gekeur word om in die finaal deel te neem op Saterdag 1 Desember om 20:00, teen die huidige rieldanskampioen, Wupperthal.

Daar is sestien groepe (behalwe die gasoptredes van Namastap) wat aan die kompetisie gaan deelneem.

Vanjaar se groepe kom meesal uit Namakwaland en wel van plekke soos Paulshoek, Garagams, Soebatsfontein, Spoegrivier, Garies, Bitterfontein.

Uit die Olifantsriviervallei kom Vredendal, uit die Sederberge kom Elizabethsfontein en Wupperthal. Uit die Sandveld kom Graafwater.
Boesmanland stuur Verneukpan en Brandvlei. En die Karoo spog met Nelspoort en Laingsburg. Daar kom ook groepe uit Touwsrivier en Grabouw. Pella in die Boesmanland gaan die gehoor op die Namastap trakteer.

Volgens die ontwikkelingsorganiseerder van die ATKV, Elias Nel, sal daar benewens die pryse en prysgeld wat die ATKV verskaf ook vanjaar twee spesiale pryse (beste musikant en beste Afrikaanse liedjie) wees wat deur die bekende David Kramer geborg en persoonlik oorhandig gaan word.

Navrae kan gerig word aan Julia by 021-988-7876.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za