Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Besluit oor museum laat ’n mens dink

Besluit oor museum laat ’n mens dink
 
2005-06-09


EK het met ontsteltenis kennis geneem van die redes waarom die toegewysde R200 000 aan die Wellington Museum deur die Uitvoerende Burgemeesterskomitee van Drakenstein geweier is. Die volle komitee het skynbaar eenparig saamgestem dat museums nie ‘n kern-funksie van munisipaliteite is nie, volgens die notule van die vergadering.

Die kernfunksie van munisipaliteite is dienslewering en die opheffing van agterstande/ongelykhede in die samelewing. As daar dus ‘n werklike behoefte aan R200 000-toilette op Hermon is, is dit die munisipaliteit se plig om daarna om te sien.

Waarteen ek dit het, is die uiters kortsigtige afspeel van hierdie behoefte teen Wellington Museum se aansoek om hulp.

Biblioteke is nie ‘n wetlik voorgeskrewe kernfunksie van munisipaliteite nie, maar dit is ‘n onmisbare munisipale bate wanneer dit by opheffing en die uitskakeling van ongelykhede kom.

Museums is ‘n soortgelyke onmisbare munisipale bate in die opheffing van agterstande, om nie eers te praat van museums se deurslaggewende rol ten opsigte van sosiale breuklyne en miskennings van die verlede!

Ek neem met verdere ontsteltenis kennis van raadslid Arthob Pietersen se onkunde oor die bedryf van museums.

Provinsie, waarin sy eie party polities die septer swaai, is getaak met die opdrag om toe te sien dat museums transformeer om sodoende die totale gemeenskap te verteenwoordig.

Die Raad van Trustees beskik ook nie oor die mag om hierdie noodsaaklike proses te blokkeer nie.

Nou word die museum gepenaliseer omdat hy nie seker is of Wellington se museum en by implikasie alle ander museums, die hele gemeenskap dien nie.

Die Onderburgemeester se opmerking dat daar belangriker behoeftes in die gemeenskap is, soos spoedwalle, skud regtig ‘n mens tot diepe nadenke. Drakenstein se kiesers kan hierdie sirkus nie langer as tot die komende plaaslike verkiesing bekostig nie!

Jean Smit (DA raadslid)



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za