Nuwe hoogtes
2007-11-08
BOLAND ATLETIEK het onlangs ’n paalspring akademie op die been gebring met die oog op die ontwikkeling van hierdie sport.
Hierdie program sal direk in lyn met die Boland Sentrum vir Uitnemendheid funksioneer. 'n Paalspring-ligareeks is ook op die kaarte om opkomende atlete die geleentheid te bied om meer ondervinding op te doen.
Die reeks sal plaasvind 10 November (Daljosafat), 24 November (Coetzenburg), 1 Desember en 15 Desember (altwee by Daljosafat).
Toegang sal gratis wees by hierdie geleenthede en almal is welkom.
Vir meer inligting, skakel Louis Nienaber by 083-375-3673.
More
News
|