Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mag hulle nagmerries kry

Mag hulle nagmerries kry
 
2007-11-08


SATERDAGOGGEND 3 November het ek ‘n “Speed Post” pakkie by die Posagentskap in die Vineyard Spar in Suider-Paarl afgehaal. Met die kruideniersware bo in die trollie gelaai en die pospakkie onder in die trollie is ek tussen 11:00 en 11:30 na my motor in die parkeerterrein.

In my groot haas laai ek toe ongelukkig net die kruideniersware uit en vergeet ongelukkig die pakkie (vir my baie waardevol) onder in die trollie.

Op pad huis toe tref dit my met ‘n skok en draai ek onmiddellik terug Spar toe. Helaas die trollie is leeg!

Onmiddellike navraag by Spar, sowel as die Posagentskap het niks opgelewer nie. Twee ooggetuies het egter wel gerapporteer dat twee “ouer mans” die pakkie eers bekyk het en toe in hulle motor gelaai het.

Met groot geloof dat die persone, met die volledige inligting soos op die pakkie en die Speed Services etiket, my sal kontak, is ek hoopvol huis toe.

Beide die ontvanger sowel as die afsender se besonderhede, sowel as kontak-telefoonnommers word vereis op die groot etiket wat op die pakket geplak was.

Mag die menere wat die pakkie met die ingevoerde beddeken van roesrooi fluweel en ou-goud brokaat erge nagmerries beleef.

Ek weet nie wat noem ‘n mens dit nie. Dit was nie ‘n vreemde pakkie sonder naam wat aan niemand behoort nie. Dit grens vir my aan steel!

So sę ek



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za