Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ou familie-wynkelder weer nuut gemaak

Ou familie-wynkelder weer nuut gemaak
 
2007-11-08


NA ‘n wynmaak-stilte van 51 jaar het Bosman Family Vineyards hul kelderdeur op 1 November weer oopgeswaai in die Bovlei.

In dié historiese kelder wat 250 jaar terugdateer, sal premium wyne van nou af gemaak word om die trotse nalatenskap vir die agtste geslag van die familie op Lelienfontein te laat voortleef.

Na ’n trotse geskiedenis van wynmaak vroeg in die 1900s het die Bosman-familie al meer begin fokus op hul wingerdstok-kwekery, hoewel hulle voortdurend wyndruiwe gelewer het tot die laaste wyn in 1956 op Lelienfontein gemaak is.

Gewapen met ’n skatkis van kennis in die kweek van wingerdstokke, die ervaring in die uitsoek van die regte terroir en wingerd waaruit slegs die heel beste 5% gekies kan word, stuur hierdie kelder onwrikbaar op een van sy wyndoelwitte af: om eksklusiewe boetiekstyl wyne te maak.

Restourasie aan die bestaande historiese kelder het in 2006 afgeskop met ‘n nuwe kelder wat die oorspronklike keldergebou se 18de eeuse styl behou.

Alle vroeë gebou-elemente soos kraalmure, kuipe, dakstrukture en ruwe mure is eerbiedig en op innoverende wyses in die ontwerp inkorporeer.

Datums van die 1800’s op houtbalke met bordkryt geskryf, het behoue gebly. Dié het elke jaar se oes in leggers aangedui – ook die rekordoes van 1921.

Die gewels wys ook duidelik hoe die dakstrukture oor tyd verander het, vanaf strooi na riet na sink.

Die ou parskelder is nou ’n verkoopslokaal en die kuipkamer sal voortaan as vinoteek dien waar ou wynmaaktoerusting uitgestal word.

Die nuwe kelder skakel gepas in by die werf en volg die historiese geboubelyning wat die estetiese waarde van die kelder verder verhoog.

“Wat hierdie keldergebou onderskei van ander, is die noue band met ons verlede, die besondere aandag aan detail en die stylvolle argitektuur daarvan,” vertel Petrus Bosman trots.

Vanjaar is die eerste wyn in die nuwe kelder gemaak – kompleks, lang en elegante wyne soos Petrus dit wou hê. “Dít het ons reggekry deur gebruik te maak van gebalanseerde wingerd, innoverende wynmaaktegnieke en ’n respek vir tradisie.”



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za