Pinotage wenners
2007-11-08
DIE Absa Top 10 Pinotage Kompetisie het vanjaar groot verwagtinge geskep na ‘n rekord 148 inskrywings.
Die internasionale en plaaslike beoordelaars het die stelling gemaak dat baie van die wyne uit die heel boonste rakke is, wat dit feitlik onmoontlik gemaak het om net die top tien te kies.
Onder die top tien is twee van die Paarl: Marianne Pinotage 2004 en Windmeul Reserve Pinotage 2006.
Nog ‘n plaaslike wenner met ‘n wenresep vir hierdie tuisgekweekte rooiwynvariëteit is Môreson Pinotage 2006 van Franschhoek (derde keer onder die top tien).
Ander nuweling is Bon Courage Pinotage 2006 (Robertson Distrik), Fantail Pinotage 2006 (Stellenbosch Distrik), Fleur du Cap Pinotage 2005 (Kusstreek) en Four Paws Pinotage 2006 (Piekenierskloof Wyk).
Hulle deel die kalklig met ou bekendes onder die top tien: Stellenzicht Golden Triangle Pinotage 2006, Simonsig Red Hill Pinotage 2005 en Pulpit Rock Pinotage 2006 (Swartland Distrik).
Hierdie is ‘n bewys van die toename in baie hoë gehalte Pinotage wyne regoor die Kaapse wynland, na jare se effektiewe navorsing wat deur die Pinotage Assosiasie in werking gestel is.
Die beoordelaars van die kompetisie het ook saamgestem oor die algemene styging in topgehalte wyne.
Die naaswenners uit die twintig finaliste in alfabetiese volgorde is Anura Pinotage 2006, Bergsig Pinotage 2005, Beyerskloof Reserve Pinotage 2003, Cathedral Cellar Pinotage 2004, Devon Rocks Pinotage 2006, La Cave Pinotage 2006, Longridge Pinotage 2004, Lyngrove Platinum Pinotage 2005, Rijk’s Private Cellar Pinotage 2003 en Spier Private Collection Pinotage 2005.
More
News
|