Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kougom, koffie dra studente deur eksamen

Kougom, koffie dra studente deur eksamen
 
2007-11-15


Dis nie net die Vallei se matrieks wat die afgelope paar weke gefokus agter die boeke moes inskuif nie. Dit was ook eksamentyd vir studente van onder meer Boland Kollege in die Paarl en Hugenote Kollege op Wellington.

Die Paarl Post het bietjie gaan kers opsteek by ’n paar studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Wellington-kampus, om te hoor wat hul geheime wapen is waarsonder hulle nie op hul studies kan konsentreer nie.

Riversdaller Adélma le Roux sê dis veral die druk van haar vriende wat haar gefokus hou, want dis so met die geselsery tydens koffiedrinksessies deur wat hulle mekaar uitvra oor hoe ver elkeen geleer is.

“En dan gesels iemand oor iets wat ek nog nie van geleer het nie, en weet ek ek moet dit ook swot.”

Dié einste koffiedrinkery is ook ’n groot bron van ondersteuning.

“Sommer gewone ‘plain’ koffie is reg,” maar, voeg sy by, “as daar dalk ’n tjoklit of ’n soetdingetjie is, is dit beter.”

Helena Janse van Rens­burg, van Heidelberg in die Kaap, glo ook in die waarde van haar gereelde koffiedrinkbreke saam met haar vriendinne om haar gemotiveerd te hou.

En dan is daar ook nog die vooruitsig van ’n hele vier weke seeva­kan­sie op Hartenbos wat wag nadat sy haar pen die laaste keer neergesit het.

Carlien Snyman van Rietbron sê sy word deur die eksamens gedra deur haar ouers, “wat maar altyd sal worry, al is die eksamendruk glad nie soveel soos in matriek nie,” maar veral ’n sekere weg­neemeetplek se room­­­yse.

Eetgoed bly maar baas. Erina Botes van Oudtshoorn geniet weer die gedroogte vrug­te, byvoorbeeld pie­sang­sky­fies, wat sy by ’n plaaslike groentewinkel koop om haar brein aan die gang te hou.

Gwendilene Willemse van Clanwilliam is glad nie tevrede met so ’n kortstondige genieting nie. Sy lê weg aan kougom terwyl sy studeer, want dit help haar onthou.

En as sy gaan eksamen skryf, het sy ’n halwe Chappie in die kies, om te kan herroep dit wat sy geleer het.

Sy kan ook nie in stilte sit en leer nie.

Die radio speel in die agtergrond, “maar net op volume een,” voeg sy vinnig by, voor sy daarvan verdink word dat sy haar medestudente dalk sou steur.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za