Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Slot van die Paarl vier 150 jaar

Slot van die Paarl vier 150 jaar
 
2007-11-15


DIE Laerskool Slot van die Paarl vier die naweek van 23 November sy 150ste verjaarsdag. Alle belangstellendes en oudstudente is welkom.

Die Vrydag skop af met ’n saalbyeenkoms om 09:00 in die saal van die NG Kerk Agter-Paarl, gevolg deur ‘n leerderpartytjie 13:00.

Die aand om 19:00 is daar ’n familie-sokkie en saam­kuier met bring-en-braai by die skool (snoepie en vure word verskaf).

Oud-leerders sowel as huidige leerders en families welkom.

Die Saterdagaand 24 September word ’n formele dineedans op die plaas Slent gehou (kaartjies is R150 by 021-869-8007).

Die Sondag om 09:30 is daar ’n kerkdiens te NG Kerk Agter-Paarl gevolg deur verversings.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za