Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laurika sing in Katedraalkelder

Laurika sing in Katedraalkelder
 
2007-11-15


TOP Suid-Afrikaanse kunstenaar Laurika Rauch, tree Vrydag en Saterdag om 19:00 in die KWV se Katedraalkelder in die Paarl op.

Die kelder met sy koepelvormige dak, gekerfde houtvate en 1100 klein houtvate, bied ’n wonderlike atmosfeer vir konserte van hoogstaande gehalte.

Laurika en die pianis Clinton Waring tree op met ‘n program wat saamgestel is uit nuwe liedjies van haar nuutste album “’n lekker verlang liedjie”.

Vir die aanhangers van Laurika, beloof sy dat sy dié aand ook van haar ou bekende treffers met die gehoor sal deel.

Die kaartjies (R180) sluit in verversings en Cathedral Cellar wyne.

Skakel Janine Eybers vir besprekings by 021-807-3217.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za