EK is ’n inwoner van Magnoliastraat in Paarl- Oos en stap elke dag verby ’n erf op die hoek van Magnolia- en Strelitziastrate.
Dis nie ’n baie mooi gesig om te aanskou hoe vuil en onnet die erf lyk nie. Dis met rommel bestrooi en die gras groei kniediepte hoog.
Aan wie behoort die erf en waarom kan dit nie skoongemaak word nie? Dis ’n steen des aanstoots.
Die Munisipaliteit moet aandag gee asseblief.
Magnoliastraat inwoner