Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brandweer in die knyp

Brandweer in die knyp
 
2007-11-15


DIE Waarnemende Hoof: Gemeenskapsdienste van die Munisipaliteit, mnr Tommy Matthee, het in die berig “Brandweer in die knyp” in Paarl Post van 8 November 2007 gesê dat Drakenstein nog steeds ‘n professionele brandweerdiens lewer.

Volgens my navorsing gedoen op www.stansa.co.za vereis SANS 10090:2003 Edition 3 dat ’n brandoproep binne 15 sekondes beantwoord word, dat daar twee brandweermasjiene elk beman met vyf brandbestryder en pompkapasiteit van meer as 3850 liter per minuut binne 8 minute by die noodtoneel moet arri­veer.

Kan die belastingbetaler dus aanneem dat die diens wel so in Drakenstein gelewer word?

Indien nie, is dit soos ’n bekende pizza-afleweringsdiens “as die pizza koud is, is die pizza gratis”, of dan in hierdie geval - indien die brandweer nie voldoen aan bogenoemde standaarde nie, is die diens dan gratis, of gaan Drakenstein my vergoed vir onnodige lewens- en eiendomsverlies as gevolg van tekort aan personeel en/of toerusting en/of laat opdaag?

Hoe kan daar ooit na waarde vergoed word vir lewensverlies?

Bekommerde

Belastingbetaler




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za