Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vermaak in die Ou Meul-teater

Vermaak in die Ou Meul-teater
 
2007-11-15


Vanaand om 20:00 is dit Bobby van Jaarsveld.
Teen dié tyd weet almal al van die jong, aantreklike superster wat soos ‘n kloon van Brad Pitt lyk.
Ja, Bobby van Jaarsveld het geen bekendstelling nodig nie en net waar hy kom word hy oorval deur bewonderaars. En met rede! Want buiten dat hy lyk soos iemand wat pas uit ‘n Hollywood-film stap, sing hy tot diep in ‘n mens se hart met sy ongekunstelde, gemaklike stem. Bobby is 20 jaar terug in die Paarl gebore en dit sal die eerste keer wees wat hy hier optree. As jy van musiek hou wat woorde eerder as net klinkers het, kom ondersteun vir Bobby by die Meulteater.
Kaartjies is R100.

Saterdag om 20:00 is dit Ryno Velvet.
Ryno Velvet en sy band se oorsprong is uit Durbanville, Kaapstad.
Die band speel tans vir die afgelope tien maande saam, en het Ryno Velvet se debuut
album, “Karma”, wat versprei word deur Bowline, in September vrygestel. Die album bevat
tien snitte, alles oorspronklik uit Ryno Velvet se pen. Die band is; Ryno Velvet op kitaar en
stem,Wayne Davidson op dromme en Gavin Cannone op bass.
Ryno se musiek sal val in die smaak van enige iemand wat hou van oorspronklike, afrikaanse musiek. Die musiek is “diverse” en gemaklik met ‘n skop van rock & roll, ‘n paar “blues riffs” en die wonderlike geur van akoestiese “terugsit” tunes.
Kaartjies is R50.

Dinsdag, 20 November om 20:00 is dit Radio Kalahari Orkes
Sedert Radio Kalahari Orkes (RKO) se bekendstelling in 2005 KKNK, het hulle die harte en voete van die hele nasie landwyd opgeëis. Hulle navolgers is so wydverspreid soos hulle musiek. Afrikaans, Engels, swart, Capies... almal word geraak en geamuseer deur die ‘orkes’.
Voor in die koor is die geliefde stoepsitter van die Kalahari-oase, Boet (Ian Roberts). Hy lei die orkes in ’n lewendige, soms aweregse vertoning van die beste musiek wat Afrikaans sekerlik tans bied. Hulle kan sing! En mondfluitjie speel, riel, dans en kitare slaan...
Die musiek is uniek en eg-Suid-Afrikaans, met invloede uit die hele skatkis van die land se kulture. Op die album word geen genre met rus gelaat nie, van ghoema tot rock; kwaito tot boeremusiek... en natuurlik nog vele meer. Die orkes se instrumente sluit in kitare, banjo’s, mandolien, mondfluitjie, kazoo, pennywhistle, viool, dromme... en die pragtige Krummelpoppies se agtergrondstemme.
Kaartjies is R100.

Vrydag, 23 November om 20:00 is dit Malva Centauri.
Malva Centauri is gebore in 2004 in Stellenbosch as ‘n studente rock band en het intussen gegroei tot ‘n groep met ‘n album, “Verblind deur die Son”, wat landswyd in winkels beskikbaar is. Om Malva se musiek te klassifiseer, verg 'n nuwe vergelyking of twee. Half-rock, half-akoesties, val dit gemaklik in beide genres, en bied hulle oorspronklike Afrikaanse lirieke en melodieë. Stel dit so: As rockmusiek somer was en akoesties winter, dan speel Malva Centauri in herfs.
Malva Centauri speel met woorde en temas soos 'n warm dag met nat voetspoere op 'n swembadrand. Kyk vinnig en luister mooi, want netnou is dit weg. Wietsche - hoofsanger en liedjieskrywer - se toonsettings word deur Adolf, Louis en Christo omskep tot waardige rockmusiek.
Kaartjies is R40.

Saterdag, 24 November om 20:00 is dit Lize Beekman.
Lize Beekman announced, at the age of 3, that she will one day write her own songs. At the age of 12 her first song, 'Like an Eagle', was recorded by a well-known South African artist, Clive Bruce, as the title track of his then new album. During her high school years she walked away with the first prize in 2 national songwriting competitions (Crescendo – ATKV / Sterre 2000 – RSG) for 2 consecutive years. Ever since Lize is one of South Africa's most acclaimed songwriters. Her songs have been recorded by a wide range of performers: Laurika Rauch, Amanda Strydom, Matthys Roets, Theuns Jordaan, Elzabé Zietsman, Anke (idol) and Coenie de Villiers amongst others. Beekman's song "'n Sonneblom uit Bethlehem", was nominated as Song of the Year during the GMT Awards in 2002.
Lize currently lives in Melkbosstrand in Cape Town, South Africa. Her time is spent doing performances (singing and public speaking), writing songs, stories, poems and articles.
Kaartjies is R80.

Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za