'Rylopers' val motoris aan naby Klapmuts
2005-03-09
’n KRUIEDOKTER van Groenheuwel, Paarl, is dood nadat hy en sy vrou deur drie rylopers by Klapmuts oorrompel is.
Die beweerde roofmoord, wat reeds of 7 Februarie gebeur het, slaan polisiemanne dronk.
Jeanette Obai (21) het in haar verklaring aan ondersoekers gesê sy en haar man George het sy kantoor in Stellenbosch die Maandagaand kort voor 20:00 verlaat.
Hulle was onderweg huis toe en het die drie mans by die Seven Eleven superette in Cloetesville opgelaai. Jeanette het bestuur. Om 20:15, kort nadat Jeanette by die Klapmuts-vierrigtingstop op die Ou Paarlpad ingedraai het, is sy deur een van die rylopers van agter vasgegryp.
Sy het vertel hoe die motor van die pad geloop en teen ’n draad tot stilstand gekom het.
Die Obais is uit die motor gepluk. George is herhaaldelik met ’n mes gesteek en van sy selfoon en kontant beroof.
In die harwar het ’n onbekende vrou in ’n wit Toyota Prado gestop en die aanvallers het weggehardloop.
Die motoris het probeer om die beseerde egpaar te help en die polisie ontbied.
Speurinsp Kaylene Carolissen versoek dat die vrou, wie se naam en adres nie bekend is nie, haar kontak by 875-5555.
Ook enigiemand wat moontlik die Obais se wit BMW tussen Stellenbosch en Klapmuts opgemerk het, kan hulle skakel. Die rowers is vermoedelik twee swart mans en ’n bruin man. George Obai het dieselfde nag nog aan steekwonde in sy nek en skouers beswyk.
* A Paarl man has died after he was allegedly atta- cked by three hitchhikers.
More
News
|