Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ses vas oor vuurwapens

Ses vas oor vuurwapens
 
2007-11-15


DIE Paarl polisie het verlede week beslag gelê op verskeie wapens en ammunisie, nadat offisiere twee verdagte voertuie in Daljosafat opgelet het.

Toe hulle die motors van die pad af wou trek, het hulle weggejaag en op die N1 in die rigting van Kaapstad probeer ontsnap.

Polisieversterkings is ingeroep en een van die motors is in die omgewing van Joostenbergvlakte afgetrek.

Die ander motor is later op die R-300 deur die polisie tot stilstand gebring.

Altesame drie vuurwapens is gevind, ’n koeëlvaste baadjie, asook 85 rondtes ammunisie.

Alan Alberts, Ishmail Ceaser, Ikaraam Isaacs, Mogamat Solomons, Janayed Mitchell en Shalid Karelse, almal van die Mitchellsplein-omgewing, is in hegtenis geneem.

Volgens ’n polisie-woordvoe­r­der, is die arrestasies te danke aan puik polisiewerk, wat bygevoeg het dat dit maar net die begin is van die sigbare polisiëringsveldtog wat in die hele Drakenstein-gebied plaasvind.

Nog ’n bewys van die sukses van sigbare polisiëring is die feit dat daar in die Paarl geen huisbrake of diefstalle gerapporteer was oor die afgelope naweek nie.

“Die feesseisoen is op ons drumpel en ons is vasbeslote om hierdie gebied vir al sy inwoners te beveilig.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za